Products Image

Produkaanbieding

Ons bied aan ons kli ënte ‘n een-oproep-diens vir die bestelling en koördinering van die aflewering na die gewenste adres. Produkte is beskikbaar in losmaat asook een ton massa sakke.

Produkte

Ons bied ‘n baie gewilde Mikrofyn dolomietese landboukalk vanaf ons bronne in Meyerton en Lyttelton, wat ‘n uitstaande produk aan die landbou mark is. Vanaf Marble Hall bied ons ‘n natuurlike dolomitiese landboukalk met gunstige hoë kalsuim waarde. Die kalk bevat geen swaarmetale inhoud nie en is dus die perfekte landboukalk met `n ideale neutralisasie vermoë.

Verwys asb na die produkontleding vir die volledige chemiese samestelling en potensiële swaarmetale inhoud.

Produkte word vervaardig deur die ontginning van dolomietse rots wat verwerk word en gesorteer word om ‘n fyn landboukalk te verseker. Mikrofyn dolomitiese kalk word geprosesseer deur die verdroging van die metalurgiese slik, afkomstig van die wasproses, tydens die verwerking van metalurgiese dolomiet. Met goed toegeruste laboratoriums op terrein, word daar verseker dat elke vrag voldoen aan die vereiste standaard, deur die gereelde neem van monsters.

As die verspreider met ekslusiewe regte vir Meyerton, Lyttelton en Marble Hall vanaf 2015, sal Limecor die landboumark kan voorsien van ‘n uitsonderlike produktereeks.

Kliënte Diens

LimeCor bied 'n een-oproep diens vir die bestelling en koördinering van produkte en aflewerings aan die eindverbruiker.

Ons logistieke span sal alle reëlings hanteer om u te verseker van 'n betroubare en tydige aflewering, elke keer.


Google+