About Us Image

Plekke

Geskiedenis

LimeCor is die Kalk afdeling van Afrimat Beperk, een van die voorste oopgroef myn maatskappy in Suidelike Afrika. Afrimat Beperk is ook gelys op die Johannesburgse Aandelebeurs onder die “Konstruksie van Boumateriale” sektor.

Afrimat is gestig deur die samewerking van Lancaster en Prima wat genoteer is op die JSE op 7 November 2006. Afrimat het met verskeie oornames homself goed geposisioneer. Met die verkryging van Glen Douglas Dolomite myn by Henley on Klip in 2011, het Afrimat die industriële materiaal-mark betree. Glen Douglas is uniek geposisioneer om kliënte in die Suidelike Gauteng, Noord Vrystaat en Mpumalanga area te voorsien.

Gevolg deur Afrimat se verkryging van 50.7% belang in Infrasors Beperk Groep, in Maart 2013, wat fokus op die produksie van Dolomiet, Kalk en Silika.

Hierdie oorname het Afrimat se aandeel in die industriële minerale vergroot asook geografies meer bereikbaar gemaak in provinsies soos Gauteng, Limpopo, KwaZulu Natal, Noord-Wes en Mpumalanga.

Infrasors se mynbou basis sluit in, Lyttelton Dolomite Myn, Marble Hall Myn, Delf Sand Myn en Delf Sand Silika Myn.

Omgewingsbewaring

Afrimat is verbind tot volhoubare ontwikkeling en die beskerming van die omgewing in lyn met die regulasies van die Departement van Minerale en Energie. Die Groep bestuur sy impak op die omgewing met Omgewingsbestuur Programme ("OBP"). Dit sluit in die uitvoer van sakebedrywighede deur potensiële stof uitlatings uit te skakel, geraasbesoedeling te verminder en te fokus op herwinning. Om hierdie rede monitor die nasionale en internasionale regulatoriese riglyne en ontwikkelings.

Verder ondersteun derde party oudits onder andere ASPASA, Sarma en eksterne konsultante Afrimat se pogings in hierdie verband en verskaf geleenthede vir verfyning en verbetering.

Sosiale Verantwoordelikheid

Afrimat neem 'n breë-gebaseerde benadering tot sosiale verantwoordelikheid en is verbind tot die uitgawes en optrede in terme van die sosiale- en arbeidsplanne wat deur die Departement van Minerale en Energie onderskryf word. Dit word gedoen met die ondersteuning van die betrokke belanghebbendes in die mynbou gebiede soos die plaaslike munisipaliteite, tradisionele leiers, die Departement van Onderwys, werknemers en ander plaaslike besighede.


Google+