Agricultural Banner

Landboukalk en Toediening

Die voordele van die toevoeging van landboukalk tot suur grond:

Kalk is ‘n effektiewe neutraliseerder wat help met die herstel van ph balans in landbou grond en noodsaaklik is vir gesonde plantgroei

Die effektiwiteit van bemestingstowwe neem toe deur verhoogde opneembaarheid van plantvoedingstowwe deur bekalking

Kalsium is noodsaaklik vir die ontwikkeling van gesonde plantegroei en Magnesium is ‘n belangrik boublok van fotosintese

Bekalking verbeter die grondstruktuur en verhoog waterabsorpsie

Suur grond en kalk:

Beter landbougewas opbrengste word verkry op gronde waarvan die ph nie te laag (suur) of te hoog (soet) is nie. Baie Suid-Afrikaanse gronde – veral die in die oostelike dele van die land is suur met n lae ph.

Oor die algemeen is suurgrond arm aan voedingswaarde en onproduktief. Om die suurgrond teen te werk moet landboulkalk toegedien word om die ph vlakke te herstel en sodoende tot voordeel te wees vir gewasse deur die beskikbaarstelling van voldoende voedingstowwe in die grond.

Die toedieningshoeveel word bepaal deur die ph tekstuur van die basisvlakke van die grond. Hoe hoër die ph hoe meer landboukalk word benodig.

Bron: www.daff.gov.za en KwaZulu-Natal Departement van Landbou en Omgewingsake; Waterwese.

Bekalking

Bekalking moet geensins afgeskeep word nie. Indien die suurgehalte van die grond te hoog is, word:

  • die beskikbaarheid van fosfor verminder
  • die doeltreffende opname en gebruik van beide water en misstowwe geïnhibeer
  • onkruiddoders ontoereikend gemaak
  • die doeltreffenheid van mikroörganismes in die grond onderdruk

Wanneer die suuinhoud van droë grond baie hoog is, kan dit vanuit ‘n ekonomiese oogpunt selfs voordeliger wees om eerder tebekalk as om die toediening van bemesting te verhoog. 

 

Bron: Die Agri Handboek 2013-2014

Associates


Google+